top of page

Ons Trou

Ansie & Dewald 

Saterdag, 9 November, 2024

De Uijlenes

Bruid en Bruidegom tesame met hul ouers, nooi u hartlik uit na hul huweliksbevestiging.

A&D-056.jpg
Our Story

Dit is 'n 
naweek troue!

8 tot 10 November 2024

 

Ja, ons gaan die hele
naweek fees vier!

De Uijlenes, geleë naby Gansbaai, is ʼn verfynde en rustieke plaas-bestemmings trouvenue. Omring deur fynbos-bedekte berge, bome, en voëllewe, bied die venue ʼn prentjiemooi omgewing met strome en damme wat deur die eiendom loop. Ons skop die vieringe af met 'n informele ete die Vrydagaand op die hout dek wat uitkyk oor een van die plaas damme. Saterdag oggend sal ons almal lekker saam laatontbyt eet gevolg deur die seremonie later die middag. 

Kliek gerus hier om meer oor die trouvenue uit te vind.

Kom vier ons
liefde vir mekaar!

A&D-043.jpg

01.    Vrydagaand op die dek

Die opwarming vir die groot dag! Sluit by ons aan vir 'n informele ete en kuier op die dek. 'n Feesmaal, ys en glase sal voorsien word, bring asseblief eie drankies.

02.   Luilekker laatontbyt

Almal kan laat slaap! Kom deel in ons opgewondenheid en geniet 'n lekker ontbyt saam met ons in voorbereiding tot die hoof affêre. Amper tyd vir die 'glam squad' om hulle werk te begin!

03.   Seremonie en onthaal

As die bruid betyds is begin ons stiptelik om 16:00. Verdere besonderhede sal op die dag bekend gemaak word. Die troue en onthaal vind by die 'Nightjar' venue plaas. Kliek gerus hier om meer oor die Nighjar venue uit te vind.

“All because two people swiped right.”

Anonymous

A&D-098.jpg
Registry

Waar om te bly?

Ons het klaar vir jou 'n plekkie om jou kop neer te lê.

Daar is verblyf op die trou venue en omliggende plase, stap afstand van al die feesvieringe, wat ons reeds gereserveer het. Sodra ons jou RSVP ontvang het sal ons meer inligting rakende verblyf en kostes deurstuur.

A&D-048.jpg
A&D-050.jpg

Ons is baie opgewonde om jou deel te maak van ons groot dag!

01.
Kleredrag 

Semi-formeel.

Die trouvenue het rustieke sjarme en is omring deur die natuur.  

03.
Geskenk idees

Die grootste geskenk vir ons is om ons groot dag saam met jou te deel. As jy egter iets wil gee sal 'n kontant geskenk baie waardeur word en bydra tot ons wittebrood.

Hoop om jou daar te sien
RSVP asb teen 15 Julie 2024

Kontak ons 

Ansie: 064 805 3445

Dewald: 082 449 1405

A&D-003.jpg

© 2024 by Ansie & Dewald . Powered and secured by Wix

bottom of page